Aantrekkingskrag (2019)

Product information

Rating

4 out of 5 stars

rating

Gebaseer op die gelyknamige verhoogstuk deur Deon Opperman. Soos planete wentel mense om mekaar, daar gehou deur die aantrekkingskrag tussen hulle. Aantrekkingskrag fokus op die ingewikkeldheid van verhoudings. Aantrekkingskrag is ’n kosmiese wet wat vir beide hemelliggame en mense geld. Professor Zak de Villiers is een van die land se leidende denkers en vooraanstaande wiskundiges, ’n kenner van die kosmos. Hy en sy vrou Leonor gesels in hulle sitkamer, nadat hulle ’n studente-opvoering van Hamlet waarin hul seun speel, bygewoon het. Zak het ook vir Martin, die regisseur en hoof van die dramadepartement, oorgenooi vir ’n drankie. Martin se eksvrou is Leonor se suster, aktrise en televisiester, Sandy. Martin arriveer saam met sy nuwe “stukkie”, Suzzi, ’n oud-dramastudent. Leonor het op haar beurt haar suster uitgenooi vir drankies ná die opvoering. Wanneer vyf mense hulself in een sitkamer bevind, kom die komplekse verhoudings tussen karakters duidelik na vore. Zak is die wetenskaplike wat sy gaste oor sterrekunde toespreek en sy toevlug onemosioneel in wiskundige verklarings vind. Martin is ’n emosionele teaterman en word soos Sandy en Leonor openlik deur sy emosies gedryf. Die jeugdige Suzzi voel haar soms verlore in die nydige woordestryd, maar neem tog deel, deur haar eie naïewe, vars insigte te uiter. Deurlopend word denke teenoor emosies gestel, met die gevolgtrekking dat emosies eerder as denke, lei tot aksie. Dit word ’n lang nag, waar botsings hewig raak en soos die tyd aanstap, beweeg die karakters soos planete nader en ook verder van mekaar. Op vernuftige wyse word die ooreenkomste tussen die mens en die kosmos regdeur die gesprek volgehou. En dit lei tot die besef dat alles rondom die liefde, ’n onverklaarbare onveranderlike, wentel. Rolverdeling: Zak – vertolk deur Johan Scholtz Leonor – vertolk deur Franci Swanepoel Martin – vertolk deur Gustav Gerdener Sandy – vertolk deur Juanita de Villiers Suzzi – vertolk deur Nastassja Pretorius Agter die skerms: Draaiboek – Deon Opperman Regisseur – André Velts

Genre: Drama
Duration: 01:11:36
Aantrekkingskrag (2019) 0

Product options